OUDTSHOORN NUUS - Spring Roses het die afgelope Saterdag die span van All Blacks in 'n klipharde derby met 25-20 gewen. Die rustydtelling was 13 elk. Wat die wen so merkwaardig maak is dat Roses in die laaste 20 minute met net 14 spelers gespeel het na 'n rooikaart.
All Blacks het eerste bloed geruik met 'n drie nadat hulle 'n fout van Roses uitgebuit het. Roses het 'n bal laat val wat deur All Blacks se spelers vorentoe geskop is. All Blacks het die resies na die doellyn gewen en die bal agter die pale toegeval. Roses se heelagter het net hierna met 'n strafdoel geslaag om Roses op die telbord te sit.
Roses wat met tye briljante hardlooprugby gespeel het is in die 20ste minuut met 'n skitterdrie beloon nadat voor en agterspelers die bal hanteer het. Die bal is deur meer as 10 spelers se hande voordat die agsteman, onder die pale gaan druk vir 'n verdoelde drie.
Die telling het in die tweede helfte wipplank gery voor Roses beheer oorgeneem het. All Blacks het egter laat in die tweede helfte met 'n pragdrie teruggeveg om hulle weer binne bereik van 'n oorwinning te plaas.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'