Die Saru nasionale o.16-vroue rugbyweek skop Maandag af op die velde van Langenhoven Gimnasium. Dit sal die tweede keer sedert 2010 wees dat hierdie week aangebied word. Die eerste toernooi is ook in die SWD aangebied.
16 provinsiale spanne sal in aksie wees. Wedstryde word op Maandag, Woensdag en Vrydag gespeel.
Die toernooi dien as vertoonvenster vir die beste o.16 vrouetalent in Suid-Afrika. Sedert 2010 het die toernooi ook verskeie spelers opgelewer vir die nasionale juniorspanne.
Vir SWD is Atheana Botha en Christal Williams reeds na hul vertonings die 2010-toernooi opgeroep om hul land op juniorvlak te verteenwoordig.
Botha is ook onlangs ingesluit in die SA o.20-span wat deel sal neem aan die o.20-Nasiesbeker in die Verenigde Koninkryke.
Deelnemende spanne is:
- Blou Bulle Limpopo
- Blou Bulle Tshwane
- Boland
- Grens A
- Grens Landelik
- Oostelike Provinsie
- Valke
- Vrystaat
- Goue Leeus
- Griffons
- Griquas
- Luiperds
- KZN
- Mpumalanga
- Suid-Westelike Distrikte
- Westelike Provinsie
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn | Klein-Karoo nuus'