RUGBY NUUS - Bridgton Sekondêr, Laerskool Rooiheuwel, Hoërskool Môrester en Sacred Heart was die uitblinkers van die Oudtshoorn-skole by die gewilde jaarlikse Zibi 7's-rugbytoernooi wat verlede naweek (Vrydag en Saterdag) by die Bridgton-sportterrein gespeel is.
Die toernooi het sy terugkeer na twee jaar gemaak en is beide dae goed ondersteun. Altesaam 36 spanne van oor die provinsie in drie verskillende ouderdomsgroepe het deelgeneem.
Die wedstryde was ook regstreeks op EDENfm en Bridgton Sekondêr se Facebook-blaaie uitgesaai.
So het die spanne gevaar:
Laerskole
- o.13 Plaatnaaswenner - Esselen Park
- o.13 Plaatwenners - Rooiheuwel Primêr
- o.13 Bekernaaswenner - Sacred Heart Primêr
- o.13 Bekerwenner - De Heide Primêr (Bredasdorp)
Hoërskole
- o.16 Bowl-wenner - Môrester HS
- o.16 Plaatwenner - Knysna Sekondêr
- o.16 Bekerwenner - Bridgton Sekondêr
- o.19 Skildwenner - Parkdene Sekondêr
- o.19 Bowl-wenner - Ashton Sekondêr
- o.19 Plaatwenner - Bridgton Sekondêr
- o.19 Bekerwenner - Albert Myburgh
o.13 Bekernaaswenner - Sacred Heart Primêr.
Speler van Bridgton probeer die losbal opraap.
Nee meneer, waarheen gaan jy?
o.19 Plaatwenner - Bridgton Sekondêr. Foto's: Wyndham Ewerts en Reagan Africa
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'