Die jong Arende het egter goed vertoon teen die span met die swaarste pak voorspelers op die toernooi en hulle was ongelukkig om nie te wen nie.
Dinsdag het hulle Griekwas `n ordentlike loesing van 22-5 gegee.
Voor die toernooi het Hennie Baartman, president van SWD Rugby sy vertroue in die span en bestuur uitgespreek. Volgens Baartman het vanjaar se span die talent om die 2012-span se suksesse te herhaal. "SWD het verskeie topspelers aan SA Rugby gelewer wat deur hierdie strukture gekom het. Nou is dit julle beurt om die Suid-Kaap trots te maak," het Baartman by die span se pettefunksie in Oudtshoorn gesê.
Die SWD-span bestaan uit Keenan Baartmann, Ruan Barnard, Xander Botha, Jean Bruiners, Thuto Duiker, Pieter Ferreira, Michael Frost, Cleo Gordon, Bradford Hendricks, Georgen Kiewiet, Johannes Klinck, Randel Koopman, Pelser Maloney, Magnus Muller, Tiaan Oberholster, Logan Samson, Jan-Daniel Strydom, Fagan Terblanche, Keith van Aswegen, Stefan van der Berg, Johannes van der Vyver en Abraham van Huyssteen.
Die SWD o.13-span, hul bestuur en afrigters by hul pettefunksie gehou by die Pearl of Oudtshoorn-hotel. Foto: Jacques Swart.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn | Klein-Karoo nuus'