OUDTSHOORN RUGBYNUUS - Die Little Eagles-rugbyakademie het verlede Saterdag by die Bridgton-sportterrein 'n twee uur lange ontwikkelings-afrigtingskliniek gehou.
Sowat 20 laerskoolleerders in die Bridgton-omgewing het opgedaag en is onder die afrigting van Eldridge van Dyk tou wys gemaak in basiese vaardighede en balhantering.
Hierdie sessie sal voortaan elke Saterdagoggend vanaf 09:00 by die Bridgton-sportterrein aangebied word.
Belangstellendes kan Van Dyk by 060 472 3730 kontak.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'