OUDTSHOORN NUUS - In 'n intermagte rugbyweek het nasionale mans- en vroue-rugbyspanne van die SAPD, SANW en korrektiewe dienste van 25 tot 29 September mekaar die stryd aangesê op die velde van die Oudtshoorn-infanterieskool.
In die A-liga het korrektiewe dienste die mansafdeling gewen, met SANW tweede. Die SAPD-spelers was nie opgewasse vir die twee magte se spel nie en moes op die pawiljoen sit en kyk hoe hulle sake om die eerste en tweede plekke uitspeel.
Die polisievroue was egter te sterk vir hul teenstanders, SANW, en het die eindstryd met 22-17 gewen.
So ook het die polisie se presidentsliga-mansspan geseëvier oor die SANW-span.
Die week se uitslae is:
Maandag 25 September
Presidentsliga (Mans)
SANW wen korrektiewe dienste met 62-8
A-liga (Mans)
Korrektiewe dienste wen SAPD met 27-17
Woensdag 27 September
Vroue: SAPD wen SANW met 34-22
A-liga (Mans); SANW en korrektiewe dienste speel 34-34 gelykop
Vrydag 29 September
Vroue: SAPD wen SANW met 22-17
Presidentsliga (Mans)
SAPD wen SANW met 42-40
A-liga (Mans)
SAPD wen SANW met 30-29
ARTIKEL: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'