BEAUFORT-WES NUUS - Harlequins se eerste rugbyspan het Saterdag 19 Mei daarin geslaag om Beaufort-Wes in 'n hoë tempo wedstryd met 35-19 te wen.
Die rustydtelling was 17-12 in Harlequins se guns.
Kobus Rank, Harlequins se hoofafrigter, het Maandag gesê, "Beide spanne het balbesit wat na hul kant gekom het gebruik."
Harlequins het die eerste drie drieë gedruk. Rank sê hanteerfoute het sy span met 'n oop doellyn voor hulle duur te staan gekom.
"Beaufort-Wes het die foute uitgebuit en twee drieë gedruk."
In die tweede helfte het Harlequins nog drie drieë gedruk en Beaufort-Wes het een verdoelde drie gedruk.
"Dit was 'n wedstryd wat ons moes wen om die nodige selfvertroue onder die spelers op te bou," het Rank gesê.
'Ons bring jou die nuutste Beaufort-West, Hessequa nuus'