OUDTSHOORN NUUS - Drie neefs van Oudtshoorn, Camden-Jay Schoeman (agsteman), Antonio Bruiners (senter) en Keaghan Coerecius (vleuel), het tydens die onlangse Suidelike-rugbykustoernooi waarin SWD, Boland en OP meegeding het, vir die SWD o.18-Cravenweekspan uitgedraf.
Schoeman en Bruiners is leerders van Hoërskool Outeniqua, terwyl Coerecius 'n leerder van Hoër Landbouskool Oakdale is.
Wat die prestasie nog meer besonders maak is die feit dat al drie in hul wedstryd teen OP 'n drie elk gedruk het. Om die kersie op die koek te sit was Bruiners ook kaptein teen OP met Schoeman wat onderkaptein was. Volgens 'n familielid speel dié drie stuks reeds sedert hul laerskooldae af saam rugby.
Volgens 'n familielid speel dié drie stuks reeds sedert hul laerskooldae af saam rugby.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'