OUDTSHOORN SPORTNUUS - Collegians-rugbyklub het verlede Saterdagoggend hul spelers tydens 'n spoggeleentheid by Route 62 Restaurant (voorheen Brain's Grill) vereer.
Jerome Lambatjeen, Hennie Baartman en Juanita April het as eregaste die funksie bygewoon.
Spelers wat vir prestasie vereer is:
- Ronaldo Botha - Spelers se speler van die jaar.
- Jean-Claud Lucas - Beste opkomende speler.
- Octavio Goliath - Sportman van die jaar.
- Marlin Jaars - A-Span se agterspeler van die jaar.
- Domonique Kamfer - B-span se voorspeler van die jaar.
- Shurvern Slinger - A-span se voorspeler van die jaar.
- Raulton Stuurman - B-span se agterspeler van die jaar.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'