OUDTSHOORN RUGBY NUUS - Collegians het die afgelope naweek, na twee agtereenvolgende verlore in die Presidentsliga, weer hul sokkies opgetrek en Oudtshoorn-rugbyklub 25-19 op die Rec geklop.
Collegians was halftyd 10-12 agter.
Collegians het met 'n jong span begin, omdat meeste van hul senior spelers vir die res van die seisoen weens beserings buite aksie sal wees.
Die jong spelers was egter vasberade om verlore aansien te herwin en het gespeel asof hulle lewe daarvan afhang. Geen genade is gevra of gegee nie.
Voor- en agterspelers het goed saam gespeel en mekaar beskerm. Voorlangs het Malvern Van Staden, Angelihano Golat en Marvin Prinsloo, uitgeblink.
"Hulle het mooi gedryf met die bal en hul verdediging was ook skitterend," het Julian Fillies, voorsitter van Collegians gesê. Agterlangs het die agterlyn pragtig verdedig en Oudtshoorn op die agtervoet gedwing met die aanval.
Die skakelpaar, Leagan Britz (skrumskakel) en Shedwick Sauls (losskakel), het hier uitgeblink.
"Hulle twee het mooi saam gespeel en die wedstryd dikteer. Britz is aan die wedstryd aangewys as speler van die wedstryd."
Die afrigter, Seppie Ekstraal het gesê hy is tevrede met die span se vertoning. Hulle het gedoen wat ons van hulle gevra het en hulle het nooit gaan lê nie."
Collegians se puntemakers was Arlynn Sylvester, Jason Plaatjies, Willem Goliath en Leagan Britz wat elk een drie gedruk het. Plaatjies kon een doelskop en een strafskop deur die pale jaag.
Collegians se B-span het die B-span van Oudtshoorn met 31-12 geklop.
Collegians speel Saterdag teen Willowmore United op die Bridgton-sportterrein.
Emile Lamprecht, Oudtshoorn se A-span kaptein, sê hy was baie tevrede met die wedstryd.
"Dit was regtig in goeie gees gespeel en een van die lekkerste wedstryde van die seisoen."
Bridgton se punte-makers was Lamp-recht, Ricardo Majola en Ruan Tolken wat elk vir 'n drie gesorg het en Clifton Claassen het die drieë verdoel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'