Gallery
Bridgton het die afgelope naweek op sy tuis-veld vir Blanco met 50-17 geklop.
Bridgton se eerstespan lê tans tweede in die SWD premierliga. Hulle staan op 55 punte, terwyl Blanco na Saterdag se nederlaag tweede laaste (agtste) op die punteleer met 17 punte lê.
Lee Henry Meyer (regtervleuel), Gino van Vuuren (losskakel) Cheslin September (plaasvervanger-stut), Charlson Ewerts (plaasvervanger-
vleuel), Anver Venter (buitesenter, twee), Bradwin Waniers (heelagter, twee) het vir die wenspan gaan druk. Wanies slaag ook met 'n doelskop en Van Vuuren skop vier doelskoppe oor.
Progress het Saterdagmiddag in 'n klipharde derby vir Silver Stars op die Rosemoor-sportterrein met 17-3 geklop. Rustyd was die wenspan met 10-0 voor gewees.
Progress is na 14 wedstryde met 61 punte steeds die voorloper op die punteleer in die SWD Premierliga-kompetisie. Barbarians en Evergreens beklee onderskeidelik die derde en vierde posisies. Hulle het elk 51 punte op die punteleer.
Bridgton / Blanco tweede en derde spanne uitslae:
Bridgton II (50): Drieë - Conroy Tiemie (buitesenter, drie). Kurt Rhode (regtervleuel), Josef Saptou (binnesenter). Duzill Avontuur (linker-vleuel), Cobus Coetzee (vaskopstut), Ernest Manuel (plaasvervanger-flank). Lavano Nathan (losskakel) slaag met vyf doelskoppe.
Blanco II (7):
Bridgton III (26): Drieë - Wilfred Ntalanganiso (flank), Alteano Matolla (haker). Roswin van Hansen (loskopstut), Jacques Julies (losskakel). Julies slaag met drie doelskoppe.
Blanco III (3).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'