OUDTSHOORN NUUSFLITS - Bridgton se goeie skrumwerk en samespel tussen die lostrio was die wenresep in hu oorwinning teen Silver Stars.
Hulle het Silver Stars Saterdag 22 Julie op die Rosemoor-sportterrein oortuigend met 42-12 gewen.
Bankvas verdediging, veral kort van die doellyn het Silver Stars weerhou om meer punte aan te teken. Die span het ook met die oorwinning sy plek in die halfeindrondte van die SWD Premierliga verseker.
Hulle nou in die oorblywende twee wedstryde teen Maori’s (tuis) en Crusaders (weg) probeer om 'n tuis semifinaal te verseker.
Vir die wenspan is Charlsston Ewerts (linkervleuel, 2) Ganfried May (binnesenter), Grahame September (skrumskakel), Jolun Saptou (flank) en Ruahl Lewis (slot) oor vir drieë. Anver Venter (heelagter) slaag met ses doelskoppe.
Henwico Stal (regtervleuel) en Marshall Boesak (buitesenter) het vir die tuisspan gaan druk. Neillin Scott (heelagter) slaag met ‘n doelskop.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, of aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'