OUDTSHOORN NUUS - Bridgton-rugbyklub het reeds met proewe begin om hul eerste drie spanne saam te stel.
Volgens Benito Metembo, voorsitter van die klub, het ongeveer 80 spelers aan verlede Saterdag se proewe deelgeneem.
"Daar is nog ongeveer 40 spelers wat weens werksverpligtinge nie aan die proewe kon deelneem nie.
Bridgton speel Saterdag 10 Januarie 'n vriendskaplike wedstryd teen Progress in George.
Die klub se nuwe bestuur is Benito Metembo (voorsitter), Edgar Erasmus (ondervoorsitter), Desmond Jansen (sekretaris), Wayne Wagenaar (visie sekretaris), Macwill Jantjies (kassier), Abe Hammon (tesourier), Albert Nokole, Elize Goliath en Grahame Avontuur (addisionele lede). Jerome Jantjies is die hoofafrigter.
Dean January op spoed tydens Bridgton-rugbyklub se proewe.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'