RUGBY NUUS - All Blacks-rugbyklub se A-span het die afgelope naweek in 'n Superliga-B-wedstryd by die Oudtshoorn-sportterrein vir Willing Hearts van Prins Albert met 66 - 7 geslag. Die halftydtelling was 21 - 7 in die tuisspan se guns.
Vir All Blacks het Damain Januarie (twee), Eslin Olkers (twee), Ronaldo Jansen, Vinchenzo Adams, Mario Rabie, Mecashwill Loksen, Macelist Jafta en Tshepo Moopela agter die pale gaan kuier.
Darren Coerecius was suksesvol met sewe doelskoppe. Met drie wedstryde oor voor die uitspeelrondes lê All Blacks tans tweede op die punteleer met 62 punte. All Blacks se volgende wedstryd is Saterdag teen Seagulls.
In 'n SWD Super A-ligawedstryd het Bridgton teen Progress van George met 24 - 3 by die Bridgton-sportterrein vasgeval. Beide Bridgton se C- (33 - 3) en B-span ( 17 - 11) het ook onderskeidelik verloor.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'