OUDTSHOORN NUUS - Adias-rugbyklub van Volmoed se A-span het die afgelope Saterdag in 'n Superliga B Oos-wedstryd op die Bridgton-sportterrein die besoekende Ladismith-span met 22 - 16 geklop het.
Dit wou voorkom of die tuisspan met die wedstryd sou weghol nadat hulle reeds teen rustyd met 17 - 6 voorgeloop het.
Die besoekers het egter in die tweede helfte hul sokkies in die skrums opgetrek en meer balbesit begin geniet en behou waaruit aanvalsgeleenthede gespruit het.
Petrus van Vuuren (haker) van Adias het twee keer agter die doellyn gaan kuier, terwyl Fernando Arends (senter) en André Fortuin (vleuel) elk een drie gedruk het om 'n bonuspunt oorwinning te verseker.
Charlton Prinsloo (vleuel) was suksesvol met 'n doelskop.
Adias se volgende wedstryd is Saterdag teen Harlequins.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'