OUDTSHOORN NUUS - Adias-rugbyklub het verlede Saterdag tydens 'n gesellige geleentheid by Kuiertuin hul jaarlikse prysuitdeling gehou om hul spelers te vereer vir goeie spel opgelewer in 2023-seisoen.
Die kanniedood-veteraanvleuel, Charlton Prinsloo, is aangewys as speler van die jaar terwyl Francois Gelderbloem die A-span se agterspeler van die jaar toekenning ingepalm het.
Ander toekennings:
- Lorenzo Malgas - A-span se voorspeler van die jaar
- Maxwill Solomons - B-span se speler van die jaar
- Cedric Gelant - B-span se voorspeler van die jaar
Francois Gelderbloem (links)
Maxwell Solomons (links)
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’