Van hulle is nege gekontrakteur by die SWD Akademie, wat sedert Desember verlede jaar intensiewe afrigting ondergaan.
Die span word deur Ian Hatting afgerig. Darryl Coeries is die hulpafrigter en Perez Julyan die spanbestuurder.
Die groep is:
JJ du Toit (NMMU). Aldrid James (SWD Akademie), Creswin Joseph (Akademie), Daniel Roberts (Akademie), Dillan Snell (Akademie), Jerome Fielies (Akademie), Kerwin Appollis, Kirsten Heyns (Akademie), Nathan Luiters (Akademie), Nico Nel (Akademie), Linden Rhode (Barbarians), Brendon Pienaar (Blanco), Dillan Hendriks (Blanco), Bradley Jumaat (Dysseldorp), C-Tan Moos (Evergreens), Darren April (Evergreens), Christiaan Willemse (George), Lawrence de Klerk (Grootbrak), Ronwyn Agent (Grootbrak), Le Clu Barnard (Harlequins), Bafana Zwane (Jaquars), JC Belstead (Mosselbaai), JP Ellard (Mosselbaai), Jaco van der Merwe (NMMU), Ansley Theunisen (Oudtshoorn), Jade Roelfse (Progress), Jason Bloemstein (Progress), Ronaldo Abrahams (Progress), Buron Parks (SWD-Arende/Akademie).
Die span speel hul eerste opwarmingwedstryd op 19 Julie 2013 teen 'n SWD Amateurspan op Outeniquapark in ‘n voorwedstryd vir die Arende teen die OP. Die ander vriendskaplike wedstryd vind plaas op Plettenbergbaai wanneer die SWD se 0.19 en 0.21-spanne teen die OP te staan kom.
Die ligabepalings vir die 2013-seisoen is as volg:
- 16 Aug 2013: SWD O.21 vs Limpopo op Outeniquapark.
- 24 Aug 2013: SWD O.21 vs Boland op Wellington.
- 30 Aug 2013: SWD O.21 vs Valke op Outeniquapark.
- 6 Sept 2013: SWD O.21 vs OP in Port Elizabeth.
- 13 Sept 2013: SWD O.21 vs PUMAS op Outeniquapark.
- 21 Sept 2013: SWD O.21 vs Griffons op Welkom.
- 27 Sept 2013: SWD O.21 vs Griekwas op Outeniquapark.