OUDTSHOORN SPORTNUUS - Wicit Six, die potspelspan van die Wicit Sportkroeg, het onlangs as kampioene uit die stryd getree in die potspelkompetisie wat deur Sky Lounge & Bar aangebied is.
Hulle het die span van Sky in die eindstryd oortuigend met 22-11 geklop.
Die span van Sky het goed begin deur drie van die eerste vier wedstryde te wen, maar kon nie met die goeie spel volhou nie.
Volgens Brain Minnie van Sky sal nog sulke toernooie in die toekoms aangebied word om die sportsoort meer blootstelling te gee.
Die seëvierende Wicit Six-potspelspan. Foto: Garnett Wicomb
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'