OUDTSHOORN NUUS - Die gemengde span van die Wesbank-tennisklub het onlangs op Rietbron ‘n puik oorwinning in die 2024 gemengde ligakompetisie van die Eden-tennisvereniging behaal toe hulle die tuisspan oortuigend met 5 - 1 geklop het.
Die volledige uitslae is soos volg:
- Cobus Diepraam en Tameré Stewart klop Kurt Eybers en Marquerite Eybers 3 - 6, 6 - 1, 6 - 4
- Jacques de Beer en Rida Bester klop William Eybers en Chrisli Matthee 7 - 5, 6 - 2
- Marcell Petzer en Elmé Spies klop Freddie en Ironel Lötter 6 - 3, 7 - 5
- Jacques de Beer en Rida Bester klop Kurt Eybers en Marquerite Eybers 4 - 6, 6 - 4, 7 - 6
- Marcell Petzer en Elmé Spies verloor teen William Eybers en Chrisli Matthee 4 - 6, 6 - 4, 5 - 7
- Cobus Diepraam en Tameré Stewart klop Freddie en Ironel Lötter 6 - 3, 3 - 6, 6 - 0
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’