OUDTSHOORN NUUS - Die SWD-sierduifstreek se jaarlikse duiweskou het Saterdag 7 Junie by Barons Place in Oudtshoorn plaasgevind.
Altesaam 300 sierduiwe uit 35 rasse is beoordeel waarna die topsewe sierduiwe aangekondig is.
Die topsewe sierduiwe was:
1. Die kampioen duif, 'n Norwich Cropper wat aan Johnny Rudman van Port Elizabeth behoort, het met die louere weggestap.
2. Mario Kapp van Oudtshoorn se een duif, 'n Mookee is aangewys as die reserwe kampioen.
3. 'n Gros Mondain van Brian Rogers van Port Elizabeth is aangewys as die tweede reserwe duif.
4. Lian Geldenhuys het 'n derde reserwe plek behaal met sy American Showracer, hy is van Riebeeck Kasteel.
5. Mario Kapp van Oudtshoorn het 'n vierde reserwe plek met 'n Holle Cropper ingepalm.
6. Lihan Geldenhuys van Riebeeck Kasteel het 'n vyfde reserwe prys behaal met 'n Working Homer duif.
7. Labuschagne Muller van Oudtshoorn het 'n sesde reserwe plek behaal met hul Schietti Modena duif.
Fotogalery: Duiwe pronk by Duiweskou
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’