OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn Ope Provinsiale Veerpyltjietoernooi het die afgelope naweek by die skouterrein plaasgevind en vorm deel van die Oudtshoorn-sportfees.
Altesaam 22 mans, 14 vroue, agt seuns en ses dogters het aan die toernooi deelgeneem. Die dag is in goeie gees gespeel en is uitsonderlike sportmanskap tentoongestel.
Volgens Stepham Swanepoel (voorsitter, veerpyltjievereniging), word daar in die tipe toernooi 'n 501 gespeel wat enkel is.
Die mans is in blokke gedeel waarvan die topvier in elke blok deurgegaan het na die uitspele. Dieselfde met die vroue wat ook die topvier kies om in hul blok te speel.
Hierna begin die uitspele onder mekaar tot die laaste topvier.
Die deelnemers speel dan halfeindrondes teen mekaar tot die toptwee oor is. Daarna speel hulle die beste uit drie wat beteken die een wat eerste twee het, wen.
Uitslae
Vroue
1. Anita Vermeulen
2. Lani Bothma
3. Monique Ruiters
Mans
1. DR de Wet
2. Donovin John
3. Stepham Swanepoel
Junior meisies
1. Maxime Smith
2. Karlize Louwerens
3. Janene Beacsec
Junior seuns
1. Christiaan Barnard
2. Darius Vermeulen
3. Marciano Claassen
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’