OUDTSHOORN NUUS - Die Laerskool Van Reede vrouerolbalspan het vriend en vyand verras toe hulle Woensdag die Oudtshoorn-rolbalklub se sakeliga toernooi gewen het.
In die proses het hulle geskiedenis gemaak deurdat hulle die eerste vrouespan in die bestaan van die sakerolbal-liga is wat dié liga kon wen. Hulle het uiteindelik gemaklik in die eindstryd met 22-6 teen Die Wieldokter geseëvier.
Die top 21 plekke uit 'n totaal van 42 spanne het na die dag se spel pryse ontvang.
Volgens Carina Fourie, spanlid van Laerskool Van Reede vrouerolbalspan, neem hul skool al vir jare deel aan dié sakeliga, en sal hulle beslis volgende jaar terug wees om hul titel te verdedig.
Vanjaar het altesaam 38 spanne ingeskryf met besighede, kerke, skole en organisasies van Oudtshoorn wat heerlik sosiaal met mekaar verkeer het.
Die toernooi was oor ses weke beslis, en elke span het uit vier spanne bestaan met die eindstryd wat Woensdag plaasvind het.
Die Oudtshoorn Courant het vanjaar ook bevredigend gevaar en algeheel in die 21ste plek geeindig. Hulle het twee wedstryde gewen, twee verloor en twee gelykop gespeel. Die span koester egter ook aspirasies om volgende jaar onder die top vyf te eindig is.
Die Laerskool Van Reede vrouespan wat die Oudtshoorn-rolbalklub se sakeliga toernooi gewen het, van links, Carina Fourie, Adele Cronje, Justine Eaglestone (president van Oudtshoorn-rolbalklub,) Tea Terblanche en Annette Keulder.
Foto: Wyndham Ewerts
Die top 10 spanne se uitslae:
- Laerskool Van Reede
- Oudtshoorn Engineering
- Wieldokter
- Alert Patrol
- Laerskool Wesbank
- PSP Timbers
- KKI Looiery
- Nostalgie
- Park 1
- Hyundai
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'