OUDTSHOORN SPORTNUUS - Susan van der Westhuizen was verlede Saterdag die wenner van die 265ste Oudtshoorn-parkrun by die Surval-olyflandgoed met haar beste tyd (26:28) tot dusver oor die 5 km-afstand.
Cecilia Muller was tweede, ‘n jong ongeregistreerde deelnemer derde en Tarren Jullies in die vierde plek.
Abraham Hendricks was die eerste van die mans wat deelgeneem het.
Solly Henning het Saterdag die mylpaal bereik om 50 parkruns agter sy naam te skryf.
Die 26 deelnemers het hulle weer nie Saterdag deur die reën laat afskrik het nie.
Tien voorste drawwers:
- Susan van der Westhuizen (26:58)
- Cecilia Muller (27:17)
- Tarren Jullies (28:14)
- Abraham Hendricks (28:15)
- Francois le Roux (28:18)
- Geepee Smith (28:22)
- Henry Carstens (28:28)
- Brian Jullies (28:33)
- Albertus Kennedy (28:48)
- Conrad Jullies (28:49)
Solly Henning
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'