KLEIN KAROO NUUS - Die skole toutrekspanne in die Eden-distrik het verlede Saterdag hul vaardighede op die terrein van die Hoër Landbouskool Oakdale ten toon gestel.
In die Seuns 440 kg-kategorie was dit Calitzdorp wat goed vertoon het terwyl die Oakdale spanne die 480 kg-, 600 kg-, 400 kg-, 520 kg- en die 560 kg-afdelings gewen het.
In die dogtersafdeling was dit 440 kg-, 520 kg-, 480 kg-spanne van Shalom-akademie wat beïndruk het.
Die SA toutrekkampioenskap word vanaf 7 tot 9 Maart in Oudtshoorn aangebied.
Tot gemelde datum sal die toue op Oakdale kraak, die stof sal staan en die Oakdalers versigtig moet eet om hulle gewig te behou.
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo nuus'