OUDTSHOORN SPORTNUUS - Die Oudtshoorn-streek o. 16- en o. 18-rugbyproewe vir hoërskole het onlangs by Hoërskool Oudtshoorn se rugbyvelde plaasgevind met altesaam 12 spanne wat sake uitgespook het om die betrokke keurders met hul vaardighede te beïndruk.
Die deelnemende skole het Aurial Kollege, Fezekile Sekondêr, Bridgton Sekondêr, Dysselsdorp Sekondêr, Haarlem Sekondêr, Hoërskool Protea, Langenhoven Gimnasium, Hoërskool Môrester, Hoërskool Oudtshoorn, Hoërskool Sentraal en Hoërskool Uniondale ingesluit.
Die uitgesoekte spelers van hierdie spanne het op Donderdag 4 Mei, aan die SWD se eerste ronde proewe deelgeneem.
Plettervatte soos hierdie was aan die orde van die dag. Foto's: Ebenezer Titus
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’