OUDTSHOORN NUUS - Die eerste plaaslike SWD-trompoppie-toernooi van 2019 het Saterdag by De-Jagers-sportkompleks plaasgevind met sowat 14 spanne wat deelgeneem het.
Die spanne het vier junior primêr, vyf laerskool- en vyf hoërskoolspanne ingesluit.
Saturnus Junior Primêr en Laerskool Dysselsdorp was een van die spanne wat terug verwelkom is na 'n paar jaar se afwesigheid.
Tydens die toernooi was daar in Pom / Non Prop Group, Flag group, Mace Group en Small Drill kategorieë meegeding.
Bykans 320 trompoppies het vanjaar deelgeneem met 20 amptenare wat die toernooi beoordeel het. Omdat die SWD kleure-seremonie ook op dié dag plaasgevind het was daar nie by die byeenkoms in die Baton Group en Large Drill kategorie meegeding nie.
Spanlid van die Sacred Heart Primêr voer haar passies uit.
Saterdag se uitslae is as volg:
Junior Primary Small Drill
- Laerskool Van Reede (1ste)
- Saturnus Primêre skool (2de)
- Laerskool Dysselsdorp (3de)
Primary Small Drill
- Laerskool Van Reede (1ste)
- Colridge Primêr (2de)
- PJ Badenhorst (3de)
Primary Pom / Non Prop Group
- Laerskool Van Reede (1ste)
- Colridge Primêr (2de)
- Sacred Heart Primêr (3de)
Primary Flag Group
- Laerskool Van Reede (1ste)
- Sacred Heart Primêr (2de)
- Colridge Primêr (3de)
Primary Mace Group
- Laerskool Van Reede (1ste)
- Sacred Heart Primêr (2de)
- Colridge Primêr (3de)
High Small Drill
- Hoërskool Oudtshoorn (1ste)
- Bridgton Senior Sekonder (2de)
- Môrester (3de)
High Pom / Non Prop Group
- Hoërskool Oudtshoorn (1ste)
- Bridgton Senior Sekonder (2de)
- Môrester (3de)
High Flag Group
- Hoërskool Oudtshoorn (1ste)
- Bridgton Senior Sekonder (2de)
- Môrester (3de)
High Mace Group
- Hoërskool Oudtshoorn (1ste)
- Bridgton Senior Sekonder (2de)
- Môrester (3de)
Die trompoppiespan van Hoërskool Oudtshoorn het 'n algehele eerste plek by die SWD-trompoppietoernooi behaal.
Die volgende SWD-trompoppietoernooi sal op 18 Mei by die De Jager-sportkompleks plaasvind gevolg deur die SWDMCA-kampioenskappe op 1 Junie.
By hierdie toernooi sal spanne gekies word om later vanjaar by die nationale trompoppiekampioenskap op te tree.
Laerskool Van Reede, Sacred Heart Primêr, Hoërskool Oudtshoorn en Bridgton Senior Sekonder is van die spanne wat reeds kwalifiseer het en in die Elite-afdeling van die toernooi gaan meeding.
Enige iemand wat belangstel om betrokke te raak as 'n beampte of wat 'n nuwe span wil begin, is welkom om die SWDMCA kantoor te kontak by tbothma@vanreede.co.za.
Spanlid van Laerskool Van Reede in aksie.
Lees 'n vorige artikel: Trompoppies in aksie
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'