OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-sporttoekennings vind op Donderdag 30 November om 19:00 in die munisipale banketsaal plaas.
Nominasies vir die 18 kategorieë waarin sportlui kan meeding, sluit reeds op Vrydag 10 November.
Nominasievorms kan by die departement sport en kultuursake se kantoor in die Seppie Greeff-gebou afgehaal en weer ingehandig word.
Vir meer inligting oor die kategorieë en die toekennings kan Ian Laubsher by 082 881 4186 of Julian Fillies by 084 983 6088 gekontak word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'