Sporfeesgangers het 'n adrenalien belaaide naweek beleef tydens die Klein Karoo Nasionale Ovaalbaankampioenskappe, wat op Saterdag 29 Junie by die Arnold de Jager-renbaan buite Oudtshoorn aangebied is.
Deelnemers vanoor die Wes-Kaap, asook ander provinsies het hul staal kom wys by dié grootste ovaalbaankampioenskappe en gesorg dat toeskouers nie teleurgestel is nie.
Die verrigtinge het reeds Vrydag-middag by Route 62 begin waar renjaers kon registreer, en hul motors tegnies laat ondersoek. Hierdie jaar het 140 renjaers van nege klubs vanoor die land in 16 verskillende klasse deelgeneem. Drie van die klasse, die Pinkstocks, Pinkrods en Pink Divas was spesifiek damesklasse. Altesaam 1 800 toeskouers het die gewilde wedren bygewoon.
Ovaalbaanuitslae:
Mini
1. Chayton Collins - Oos Londen
RWD Rookies
1. Gerrit du Plessis - Oudtshoorn
2. Tania Scott - Oudtshoorn
3. Bian Henning - Worcester
Pinkstocks
1. Leane Valentyn - Kaapstad
2. Annique van Eeden - Kaapstad
3. Chante Elford - Oudtshoorn
Pinkrods
1. Charne Schuin - Port Elizabeth
2. Mia Ellis - Worcester
3. Rebecca van der Westhuizen - Oos Londen
Pink Divas
1. Kelly Dowling - Port Elizabeth
2. Sandra Bekker - Saldanha
3. Marilie Brits - Port Elizabeth
1600 Saloons Klas A
1. Llewellyn Kotze - Worcester
2. Jacques du Plessis - Worcester
3. William Grey - Worcester
1600 Saloons Klas B
1. Nandor Kleywecht - Port Elizabeth
2. Keegan Ellard - Port Elizabeth
3. Ruben Barnard - Port Elizabeth
JNR Hotrods
1. JP du Plessis - Oudtshoorn
2. Waldo van Dyk - Worcester
3. Jaden Brand - Worcester
Midgets Klas A
1. Schalk Swart - Worcester
2. Eugene Gelderblom - Worcester
3. Ruan Slabber - Bloemfontein
Midgets Klas B
1. Yolandi Venter - Bloemfontein
2. JP van Niekerk - Bloemfontein
V8 Sprints
1. Kenny Gouws - Saldanha
2. Graham Parkins - Saldanha
3. Daleen Gouws - Saldanha
1660's Sedan Motors
1. Tertius van Tonder - Worcester
2. Arno van Wyk - Oudtshoorn
3. Francois Engelbrecht – Port Elizabeth
Sedan Motors
1. Henties de Villiers - Oudtshoorn
2. Damon Miles – Port Elizabeth
3. Olla Daniels – Worcester
Heavy Metals
1. Zack Groenewald - Kaapstad
2. Marco Barnard - George
3. Leno Muller - Oudtshoorn
Lexus V8's
1. Jaco Maass - Bloemfontein
2. Susan Breytenbach - Bloemfontein
V8's
1. Manfred Oehl - Worcester
2. Juan Roesstorff - Port Elizabeth
3. Lucius Fourie - Oudtshoorn
Oudtshoorn-sportfees
Die datums vir die oorblywende sportkodes is as volg:
4 tot 7 Julie - SA jeugfietsry-kampioenskappe by Colridge View, Highgate en die ovaalbaan.
6 Julie - OLFA Top-8-sokker-toernooi by die Dysselsdorp-sportterrein.
7 tot 14 Julie - Oudtshoorn-netbalkampioenskappe by die Bridgton-sportterrein.
19 tot 20 Julie - Interprovinsiale Trips-toernooi by Oudtshoorn-rolbalklub.
20 Julie - Nelson Mandela Day Soccer Challenge in Lategansvlei.
26 tot 27 Julie - Zibi-sewesrugby-toernooi by Bridgton-sportterrein.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’