OUDTSHOORN NUUS - Die eerste ligakompetisie van die nuutgestigte Oudtshoorn Blackball Pool Association (OBPA) het in Desember ten einde geloop met die uitspeelwedstryde in die span en enkelspelstryde wat by Club Images afgehandel is.
In die spankompetisie het Wicit Six se mansspan, wat al sy ligawedstryde gewen en bo-aan die punteleer geëidig het in ‘n spanne finaal teen Soul Reapers met 12-13 verloor.
Benno’s Players van Dysselsdorp het het Club 84, ook van Dysselsdorp om die derde plek geklop.
Eugene Coetzee van Soul Reapers en Vinzelle Damons van Wicit Six is onderskeidleik die mans- en vroue enkelspelkampioene.
Altesaam 108 spelers, waaronder 14 vroue, het aan die kompetisie deelgeneem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’