OUDTSHOORN NUUS - Grebe's-skopboksklub het sewe SA kampioene by die SAKA-kampioenskap opgelewer. Tien van die klub se lede het gekwalifiseer om in 2019 aan die Turkye ope in Antalya deel te neem.
Die SA kampioenskap het van 27 tot 29 April in Pretoria plaasgevind.
Die SA kampioene is Ranger Grebe, JD Glinister, Thomas Bell, Jacquine Strydom, Ali Nait-Siadi, Divan Rademeyer en Audan Olivier. Ses van die groep is in die SA Proteaspan opgeneem en twee in die Presidents span. In totaal het die groep sewe goue, ses silwer- en twee bronsmedaljes gewen.
Grebe's-skopboksklub se lede wat in die twee SA spanne opgeneem is, is:
Proteaspan
Ranger Grebe, Megan Grebe, JD Glinister, Jenovan Fortuin, Jacquine Strydom,Thomas Bell
Presidentspan
Audan Olivier, Divan Rademeyer. Ben Greeff en Ali Nait-Saidi.
Ranger Grebe (voor links) by sy skopboksklub se presteerders by die SA skopbokskampioenskap.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'