Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die talentvolle Suid-Afrikaanse pa-seun-duo, Shane Jensen (51) en sy stiefseun Shaun Boshoff (16), het Suid-Afrika se vlag hoog gehys tydens die gesogte Official Strongman Games wat in Madison, Wisconsin, VSA, plaasgevind het.
Dié spele is 'n wêreldbekende geleentheid wat byna 400 van die topsterkmanne en -vroueatlete van meer as 35 lande bymekaarbring.
Die atlete neem deel aan items soos die Log Challenge, Car Walk, Deadlift Ladder, Sandbag Medley en meer.
Die jong Shaun, 'n gr. 10-leerder aan Langenhoven Gimnasium, is tydens die kompetisie amptelik as die derde sterkste Sterkman in die wêreld in die junior-afdeling (16 tot 18 jaar) aangewys. Hy het spesifiek uitgeblink in die deadlift, waar hy tweede in die eindstryd geëindig het.
"Dit was ongelooflik om teen die wêreld se beste te kompeteer en groot name soos Nick Best en Evan Singleton te ontmoet," sê Shaun. Sy vasberadenheid en talent het hom reeds die SA Junior Deadlift-rekord (235 kg) en die SA Silver Dollar Deadlift-rekord (340 kg) besorg.
Shane Jensen, wat in die meesters bo 50-afdeling deelgeneem het, het 'n bewonderenswaardige agtste plek behaal.
Shane, is benoem as een van die sterkste mense in die wêreld, en het die kompetisie met 'n geskeerde bisep aangepak. Shaun se sterkmanloopbaan het twee jaar gelede begin met sy stiefpa as inspirasie. Sy reis het begin toe hy 'n vragmotor van 5 ton getrek het. Hy hou ook die SA Junior Deadlift-rekord op 235 kg en die SA Silver Dollar Deadlift-rekord op 340 kg.
Shaun en Shane se reis na sukses
Shane se reis het in die laat 1990's begin, maar dit het 'n dramatiese wending in 2016 geneem toe 'n traumatiese voorval amper sy loopbaan beëindig het. Nadat hy deur die hand en gesig geskiet is, was Shane se beserings so erg dat dokters vir hom gesê het hy sal nooit weer swaar gewigte optel nie. Maar Shane het hulle verkeerd bewys deur terug te keer na die gimnasium en uiteindelik beide in Suid-Afrika en internasionaal deel te neem, selfs Ysland se Strongman-byeenkomste gehaal. Nou is hy 'n top-aanspraakmaker in sy afdeling, met verskeie titels en rekords, insluitend Afrika se Apollon se Axle Bar Deadlift-rekord op 325 kg.
Wat is volgende?
Vir Shaun is hierdie prestasie slegs die begin.
"Die volgende stap net om nog te verbeter - ek het dit my alles gegee en het met trots myself op die podium gevind. Hierdie is die grootste kompetisie vir gewigsklasse en ouderdomsgroepe in die wêreld, so die einddoel is om 'n eerste plek te kry wanneer ek weer teruggaan.
VIDEO:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’