OUDTSHOORN SPORT NUUS - Die SA fietsrykampioenskappe wat verlede week vanaf 8 tot 12 Februarie is Oudtshoorn plaasgevind het, was 'n reusesukses met bykans 5 500 besoekers wat dit ondersteun het.
Vanjaar was die vyfde SA fietsry-kampioenskap wat in die Tuinroete en Eden-distrik aangebied is.
FOTOGALERY: Hupstoot vir SA fietsrykampioenskappe
Oudtshoorn-munisipaliteit het R75 000 ter ondersteuning van hierdie nasionale sportgeleentheid bygedra.
Corné Bence, Wes-Kaapse fietsryvoorsitter, het gesê dat die SA fietsrykampioenskappe 'n spesiale kompetisie was omdat dit ontwikkelende fietsryers die geleentheid gegun is om saam met ervare ryers deel te neem.
Die SA fietsrykampioenskappe se kriterium en ontwikkelingswedrenne het verlede Woensdag by Aurial Kollege en Bonteboklaan weggespring.
Volgens Bence was die keuse vir dié venue strategies om die wedrenne na die hartjie van die gemeenskap te bring. Die individuele tydtoetse was die daaropvolgende twee dae by Highgate-volstruisplaas gevolg deur padfietswedrenne op Saterdag en Sondag (11 en 12 Februarie) by dieselfde venue.
Ofskoon die kenmerkende Karoohitte uitdagend was vir die ryers, was topklas fietsryaksie oor die vier dae ten toon gestel vir die publiek.
Die president van Fietsry Suid-Afrika, Qondisa Ngwenya, het Eden-fietsry persoonlik bedank vir die puik en beste kampioenskappe wat hy nog bygewoon het.
So het die fietsryers gevaar:
Elite mansafdeling
- Reinhardt Janse van Rensburg
Elite dames
- Hayley Preen
Individuele tydtoets damesafdeling
- Zanri Rossouw
Individuele tydtoets mansafdeling
- Stefan de Bod
- Mike Lombard van Oudtshoorn het 'n bronsmedalje in sy ouderdomsgroep ingepalm.
Padwedren-damesafdeling
- Frances janse van Rensburg
- Charlissa Schultz, bekende fietsryer van Oudtshoorn, het derde geëindig in o.23-kategorie.
Padwedren-mansafdeling
- Travis Stedman
Bedankings
Eden-fietsry het al die fietsryers bedank wat van heinde en ver gereis het om aan die kampioenskappe te kom deelneem en het ook hul gelukwensing aan al die ryers oorgedra.
Borge wat die kampioenskappe moontlik gemaak het sluit in Oudtshoorn-munisipaliteit, provinsiale verkeer, Oudtshoorn-verkeersafdeling, Seeff Properties, Oudtshoorn Spar, departement sport en kultuur, PPA, Renault Oudtshoorn, Route 62 Bar and Grill, Highgate-volstruisplaas, Squirt Lube, Cape Karoo International, Fietsry SA, Eden-fietsry, Wes-Kaap-fietsry, Alert Patrol, Oudtshoorn-sakekamer, Timbercity Oudtshoorn, Oasis, Bon Hotels en Beans About Coffee.
Travis Stedman (middel) was die wenner in die elite padfietswedren vir mans. Reinhardt Janse van Rensburg (links) was tweede met Gert Heyns wat derde geëindig het.
Stefan de Bod
Corné Bence, Wes-Kaapse fietsryvoorsitter aan die woord tydens die prysuitdeling. Foto's: Charl Gerber, Deidre Cloete en Rika Joubert
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'