OUDTSHOORN NUUS - Beaufort-Wes se Royal Blues-netbalspan het die Oudtshoorn-sportfees se Eden/Sentraal-Karoo netbalontwikkelingstoernooi gewen.
Die toernooi het Saterdag by die Bridgton-sportterrein plaasgevind.
Agt spanne, Oudtshoorn (1), Oudtshoorn (2), Bhangalos (Thembalethu, George), Happy Hearts (Brandwacht, Mosselbaai-distrik), Winter Roses (Rheenendal, Knysna- distrik), Spartans, Royal Blues en Batho Pele (almal Beaufort-Wes) het deelgeneem.
Spartans het die tweede plek gewen, met Happy Hearts derde.
Netbalspelers wat naweke informeel op oop velde in Bridgton speel, het Saterdag 16 Junie aan proewe deelgeneem.
Die twee Oudtshoorn-spanne vir die sportfees is uit hulle gekies.
Een van Oudtshoorn se spelers op die aanval.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'