OUDTSHOORN NUUS - Twee plaaslike fietsryers, Matthys Beukes en Yolande de Villiers was in die spanne wat onderskeidelik derde plekke in die mans- en damesafdelings van die Momentum Health Tankwa Trek losgetrap het.
Die Tankwa Trek begin en eindig jaarliks in die Koue-Bokkeveldberge by Kaleo-gasteplaas, ongeveer 40 km vanaf Ceres.
Die driedag-bergfietsren strek oor 265 km en word deur Dryland Events aangebied.
Dit het Beukes en sy spanmaat, Philip Buys 10:00:18 geneem om die drie skofte van 8 tot 11 Februarie te voltooi.
Hulle het as die PYGA Euro Steel-span gery.
De Villiers and Mariske Strauss (Silverback Volvo OMX) het die drie skofte in 11:47:11 voltooi.
Matthys Beukes nog vol energie in die derde skof.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'