Die bergfietsren van 718 km het op 23 Maart by die Meerendal Wynlandgoed in Durbanville begin en die laaste skof, verlede Sondag se eindpunt by die Lourensford Wynlandgoed in Somerset-Wes het vir hoogdrama gesorg toe Beukes en spanmaat Gert Heyns (SCOTT Factory Racing) die eerste Suid-Afrikaanse span geword het om hierdie skof in te palm.
Heyns en Beukes, wat die algeheel sesde posisie in die wedren behaal het, het ook die gesogte Afrika-trui ontvang as die eerste plaaslike span.
Die 26-jarige Beukes het in 2013, in sy eerste Epic saam met Philip Buys saamgespan en die duo het toe `n algeheel sesde plek behaal.
De Villiers en spanmaat Ischen Stopforth (Sasol Racing), beide Epic-veterane, het hul posisie as die sesde vrouespan in die algehele wedren te danke aan deurgaans bestendige vertonings.

Yolande de Villiers en Ischen Stopforth (Sasol Racing) gedurende die eerste skof van die Absa Cape Epic Bergfietsren. Foto: Greg Beadle/Cape Epic/SPORTZPICS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'