Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Die SA junior toutrekkampioenskappe het op 21 en 22 Maart in Mosselbaai plaasgevind. Leerders van die Oudtshoorn Vaardigheidskool, asook Laerskool Wesbank het aan die gesogte kompetisie deelgeneem en goed gevaar.
Die onderskeie afdelings en aantal spanne wat deelgeneem het is as volg: 360 kg -19 spanne; 280 kg - 22 spanne; 440 kg -17 spanne; 230 kg - 9 spanne; 340 kg dogters - 12 spanne; 400 kg - 17 spanne en 320 kg - 24 spanne.
Vaardigheidskool uitslae
Gavin Block, skoolhoof van die Oudtshoorn Vaardigheidskool is in sy noppies met sy leerders se deelname en prestasies.
"Ons 480 kg-seunsspan het 'n silwermedalje verower, die 440 kg B-span het 'n vyfde plek behaal en die 480 kg ontwikkelingsspan het 'n silwermedalje in die ontwikkelingsafdeling gewen. Wat ons prestasie so merkwaardig maak is dat ons die kleinste skool is wat deelgeneem het in die twee kategorieë in terme van ons leerdergetalle. Ons het met skole van meer as drie keer ons grootte afgereken."
Laerskool Wesbank uitslae:
360 kg
Wesbank A - goud
Wesbank B - sesde
280 kg
Wesbank A - vierde
Wesbank B - 15de
440 kg
Wesbank A - silwer
230 kg
Wesbank A - brons
Wesbank B - 5de
340 kg dogters
Wesbank A - brons
400 kg
Wesbank A - vierde
Wesbank B - sewende
320 kg
Wesbank A - vierde
Wesbank C - sewende
Wesbank B - 14de
230 kg (brons)
Ockert Griebenouw, Manus Potgieter, Darius Schoeman, Lian Radyn, Duan van Niekerk, Christiaan Newton, Joah Fourie, Janru van Dyk en Daniel Nel.
360 kg ontwikkelingspan (silwer)
Enya Swanepoel, Gia Rhodes, Emily du Toit, Elri Kuyler, Owen Poultney, Mason Rex, Basson Terblanche en Lindi Wannenburg.
360 kg (goud)
Jeandre Alberts, Arjan Blignault, Jean Botha, Albie Calitz, Jerry Nortje, John David Schoeman, Jaiden Simon, PJ Wannenburg en JW Marais.
340 kg dogters (brons)
Lindi Wannenburg, Karmi Potgieter, Enya Swanepoel, Elri Kuyler, O'Negin Mc Alpine, Gia Rhodes, Yana Theunissen, Emily du Toit en Mieke Stander.
440 kg (silwer)
Jeandre Alberts, Hanlu Hunlun, Elri Kuyler, O'Negin Mc Alpine, Jerry Nortje, Mason Rex, Jaiden Simon, PJ Wannenburg en Janco van Niekerk.
Fotogalery: Oudtshoorn toutrekkers maak skoonskip
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’