OUDTSHOORN NUUS - Saterdag 18 Januarie het die eerste jukskei-wedstryde van die jaar in Hartenbos afgeskop. Vier spanne van Oudtshoorn het deelgeneem en elke span het goed gevaar in hulle onderskeie afdelings.
Aan die einde van die wedstryde is Eden-spanne aangekondig wat op 1 Februarie by die interdistrikte in Beaufort-Wes gaan speel.
Vir 'n nuwe klub het Oudtshoorn goed gedoen en is 10 spelers gekies vir Eden waarvan drie gekies is as kaptein van hulle span. Die kapteins is Florine Zeeman, Hercules Kritzinger en Antoinette van Wyk.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’