OUDTSHOORN NUUS - Ses spelers van Oudtshoorn-jukskeiklub het van 23 tot 27 Februarie aan die SA Senior-akademieweek in Kroonstad deelgeneem.
Hercules Kritzinger, Magda Davel, Florine Zeeman, Kinnie du Toit, Jossie Nel en Echbert le Roux het die akademie bygewoon.
Kritzinger is gekies vir die merietespan en Zeeman vir die voorsitterspan en albei het in hulle onderskeie afdelings goue medaljes gekry. Volgens Kritzinger het beide spanne 'n uiters suksesvolle week gehad en is goeie jukskei gespeel.
"Die C-afdeling het algeheel vierde en die D-afdeling agste geëindig. In ag genome dat die Oudtshoorn-jukskeiklub nog relatief nuut is, is dit 'n groot prestasie dat ses van ons spelers gekies is vir die akademie."
Sluit aan
Enigeen met 'n belangstelling in jukskei, veral skoolkinders is welkom om op Dinsdae en Donderdae vanaf 16:00 te kom saamspeel. Daar is skeie beskikbaar om mee te oefen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’