OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn Christelike Jeugforum (OCJF) wat vanjaar as Eden en die Wes-Kaap se organisasie met die beste rekreasieprogramme aangewys is, was die naaswenner by die nasionale sporttoekenningsfunksie wat op Saterdag 11 November in Johannesburg deur die departement van sport aangebied is.
"Al was ons nie die nasionale wenners nie is ons as organisasie baie trots op wat ons bereik het," het die projekbestuurder van die forum, Phillip Seroux, die week gesê.
"Dit is 'n besondere prestasie en ons kon dit nie gedoen het as dit nie was vir al die rolspelers en donateurs wat ons ondersteun nie."
Seroux en Johnny Baartman, hoof uitvoerende beampte van die forum, het die spoggeleentheid in die Peermont Hotel in Johannesburg bygewoon.
* Die OCJF sluit sy jaarprogram Saterdag 25 November met sy jaarlikse beker- en sertifikaatoorhandigingsfunksie in die Oudtshoorn-burgersentrum af, waartydens die Wes-Kaapse minister van kultuursake en sport, Anroux Marais, as geleentheidspreker sal optree.
Kaartjies kos R100 per persoon of R1 500 vir 'n tafel van tien.
Bel Phillip Seroux by 079 987 9486.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'