SUID-KAAP NUUS - Vrydagmiddag 18 Mei, het die Hoër Landbouskool Oakdale en Paarl Gimnasium se eerste muurbalspanne kragte gemeet. Beide spanne is goed ondersteun en het puik muurbal gespeel. Die span van Oakdale het die oorhand gehad en troef Paarl Gimnasium met ’n telling van 12-2.
’n Reusesportdag is Saterdag 19 Mei op die terrein van Hoër Landbouskool Oakdale aangebied toe 20 rugbyspanne van die Hoër Landbouskool teen Paarl Gimnasium deelgeneem het.
Dit was uit die staanspoor duidelik dat die Oakdalers hard sou moes werk vir hul punte. Uit die twintig wedstryde het sewe Oakdale-spanne as die oorwinnaars van die veld gestap.
Die eerstespanwedstryd was ’n absolute drieë-fees en ’n skouspel van aantreklike skolerugby. Dit was egter die Oakdalers se verdediging wat hulle veral in die tweede helfte in die steek gelaat het om die wedstryd met 39 - 47 te verloor.
Tellings:
- o.19A: 39 - 47 (Paarl Gim),
- o.19B: 20 - 12 (Oakdale),
- o.19C: 27 - 14 (Oakdale),
- o.19D: 0 - 31 (Paarl Gim),
- o.19E: 12 - 43 (Paarl Gim),
- o.19F: 20 - 17 (Oakdale),
- o.19G & H: 21 - 40 (Paarl Gim),
- o.16A: 8 - 22 (Paarl Gim),
- o.16B: 7 - 29 (Paarl Gim),
- o.16C: 26 - 19 (Oakdale),
- o.16D 0 - 34 (Paarl Gim),
- o.15A: 5 - 0 (Oakdale),
- o.15B: 28 - 15 (Oakdale),
- o.15C: 12 - 17 (Paarl Gim),
- o.15D: 25 - 0 (Oakdale),
- o.15E vs Heidelberg: 40 - 42 (Heidelberg),
- o.14A: 7 - 65 (Paarl Gim),
- o.14B: 0 - 57 (Paarl Gim),
- o.14C: 0 - 45 (Paarl Gim) en
- o.14D: 0 - 48 (Paarl Gim).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'