OUDTSHOORN SPORTNUUS - 'n Nuweling , Thulani Mqodolo, was Saterdag 28 Oktober, die wenner van die 362ste Oudtshoorn-Parkrun by Surval-olyflandgoed met 'n tyd van 20 minute 49 sekondes.
Stiaan van Wyk (12), was die eerste junior met sy tweede plek met Morné Pienaar in die derde plek.
Alrie Eloff (10) was met haar vierde plek die vrouewenner terwyl Albertus Kennedy Saterdag sy 200ste parkrun voltooi het. Daar was 32 deelnemers.
Die voorste tien atlete was:
- Thulani Mqodolo (20:49)
- Stiaan van Wyk (21:23)
- Morne Pienaar (22:13)
- Alrie Eloff (24:01)
- Elmarie du Plessis (24:16)
- Alexander van Wyk (26:51)
- Arjan Blignaut (26:58)
- Thean du Plessis (27:54)
- Albertus Kennedy (27:59)
- Rozanne Theart (28:16)
Albertus Kennedy het verlede Saterdag die mylpaal van 200 parkruns behaal.
Thulani Mqodolo op pad eindstreep toe. Foto's: Garnett Wicomb
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’