OUDTSHOORN NUUS - 'n Nuwe dominoklub is in Matjiesrivier, sowat 40 km buite Oudtshoorn, op die been gebring. Die doel is om gemeenskapslede bymekaar te bring en 'n positiewe uitlaatklep vir hul tyd en energie te skep.
Die eerste kompetisie is Vrydagaand, 6 Maart, in Swartberg Country Manor se saal aangebied.
Die inisiatief is deur verskeie plaaslike rolspelers, onder leiding van die gemeenskapsleiers Arries en Bettie Boeta begin. Hulle word ondersteun deur pastoor Ashwell O'Reilly en sy vrou, Geraldine, asook Leoni Fourie, projekkoördineerder van die gemeenskapspolisiëringsforum.
Volgens die organiseerders is die doel van die klub om 'n platform te skep waar mense weer saam kan kuier en mekaar beter kan leer ken.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’