OUDTSHOORN NUUS - Die Carmigos-motorklub het Paasnaweek behoorlik met hul voertuie by 'n spesiale motorskou, wat by die De Jager-sportkom-pleks aangebied is gepronk.
Heelwat Oudtshoorniete het gaan inloer en was beïndruk met die topklas-voertuie wat deelgeneem het aan die onderskeie items.
Geronimo Marthinus, beter bekend as 'Mr Local is lekke' op Tiktok noem dat die naweek goed ondersteun is en sonder enige insidente plaasgevind het.
Volgens hom het persone nie self pryse gewen nie, maar is slegs die voertuie beoordeel in die onderskeie kategorieë. "Dit gaan meer oor die voertuie as die persone self.
Daar was ongeveer 200 voertuie en meer as 700 besoekers wat die geleentheid bygewoon het. Heelwat van die toeskouers het ook van vêr gekom."
Die organiseerders het hul dank uitgespreek teenoor die vier groot borge van Oudtshoorn wat die dag geborg het.
Die onderskeie kategorieë het ingesluit:
- Low limbo,
- Show and shine,
- Rev off,
- Best wheel,
- Best crew,
- Best air,
- Best static,
- Best of show,
- Loudest of the day,
- Lowest of the day.
Fotogalery: Carmigos motorskou 'n sukses
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’