OUDTSHOORN NUUS - Die jaarlikse Leopard Crawl-bergfietsrenne vind weer op Saterdag 3 Februarie by Laerskool Wesbank plaas.
Die Leopard Crawl-renne het bekendheid verwerf vir die puik roetes, wat dit vir onervare fietsryers moontlik maak om ook te deel in die pret.
Drie kompeterende roetes, naamlik die 72-, 45- en 18 km-renne is uitgelê vir die meer ernstige ryers.
Vir die gesinne is daar 'n 13- en 5 km-roete, en ook 'n 5 km stap item.
Inskrywings kan by Cycle Addict, Oudtshoorn, gedoen word, asook op die dag van die byeenkoms.
Vir meer inligting, besoek www.leopardcrawl.co.za.
Alle deelnemers ontvang 'n medalje.
Gelukstrekkings ter waarde van R10 000 word gedoen na afloop van die wedrenne.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'