OUDTSHOORN NUUS - Calvin Wagenaar, 'n leerder van Laerskool Laurus in Oudtshoorn, het op 2 Julie teruggekeer nadat hy aan die Eden-hokkietoer in Johannesburg deelgeneem het .
Die toer het op 28 Junie afgeskop.
Calvin het 'n besondere prestasie behaal deur as die enigste o. 13-seun uit die Oudtshoorn-omgewing vir die Eden-span gekies te word. Sy insluiting in die span getuig van sy harde werk, deursettingsvermoë en talent op die hokkieveld.
Met sy deelname ver-teenwoordig hy nie net Laerskool Laurus nie, maar dra hy ook daartoe by om Oudtshoorn se naam op die nasionale sportverhoog hoog te hou.
Calvin noem dat dit vir hom 'n groot eer en voorreg is om deel te neem. "Ek doen waarvoor ek lief is en het nou die geleentheid om my hart uit te speel."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’