OUDTSHOORN SPORTNUUS - Tien laerskole van Oudtshoorn en een van Haarlem het verlede Saterdag aan die SuperSport Let's Play Festival op Colridge Primêr se sportterrein deelgeneem.
Berty Hendricks, die organiseerder in Oudtshoorn, sê die dag was 'n reusesukses en die kinders het dit baie geniet.
Volgens Hendricks vind die fees een keer 'n jaar plaas en word dit deur SuperSport geborg.
"Jy kan vir ander sportkodes ook inskryf, maar ons kinders het tag rugby gespeel. Elke skool het 'n span vir die o.9-seuns, o.11-seuns en o.13-dogters ingeskryf."
Saturnus Primêr het die o.9 seuns-kategorie gewen, Colridge Primêr het die o.11-seuns katogorie gewen en PJ Badenhorst se dogters het die o.13-katogorie gewen.
Dié drie skole sal op 28 September aan die SWD-kampioenskappe in George op Outeniquapark deelneem. Die hoofwedstryd is die SWD Arende teen Boland
Die ander skole wat deelgeneem het was De Villiers Primêr, Bergsig Primêr, Bongolethu Primary, St. Conrad Primêr, Dysselsdorp Primêr, Volmoed Primêr en Haarlem Primêr.
Tien laerskole van Oudtshoorn en een van Haarlem het verlede Saterdag aan die SuperSport Let's Play Festival op Colridge Primêr se sportterrein deelgeneem.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'