OUDTSHOORN NUUS - Die tweede Klein Karoo Agri Expo het gisteroggend,18 Oktober, 10:00 afgeskop.
Meer as 50 uitstallers, wat hoofsaaklik landboudiensverskaffers insluit, is in of langs die groot skuur op Kamnatieloop, Klein Karoo Saadproduksie se proefplaas, opgestel. Die proefplaas is sowat 10km buite die dorp op die Rooiheuwelpad.
Die eerste Expo is verlede jaar by die NG Kerk op Schoemanshoek deur Kangovalleie Boerevereniging aangebied. Vanjaar se Expo, met meer as dubbel die aantal uitstallers op ‘n baie groter terrein, het by Klein Karoo Saadproduksie (KKSP) se jaarlikse Erkenningsgeleentheid vir saadprodusente aangehaak.
Produsente van oral in die land wat Woensdagmiddag ‘n inligtingsessie op Johan Strasheim se plaas Te Vrede op Kruisrivier bygewoon het en Woensdagaand tydens ‘n glansgeleentheid by De Opstal erkenning gekry het vir hul uitmuntende prestasie, is as gaste van KKSP genooi om die Expo by te woon.
Uitstallers sluit onder meer ‘n groot verskeidenheid besproeiingstoerusting en tegnologie in. Verskeie verskaffers van ‘n groot verskeidenheid trekkers en landboutoerusting, asook voertuie is ook teenwoordig.
Van die verskaffers se demonstrasie van saadbedvoorbereiding met hul nuwe toerusting, soos ‘n krag-eg van Rovic Leers, het groot belangstelling ontlok. Spuitkalibrering is ook demonstreer, en ‘n paar antieke trekkers het ook hul staal gewys.
Die demonstrasies word in die namiddag herhaal.
Toegang is gratis. Eet- en drinkgoed word te koop aangebied.
Uitstallers sluit onder meer ‘n groot verskeidenheid besproeiingstoerusting en tegnologie in.
Van die verskaffers se demonstrasie van saadbedvoorbereiding met hul nuwe toerusting, soos ‘n krag-eg van Rovic Leers, het groot belangstelling ontlok.
Die demonstrasies word in die namiddag herhaal.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'