OUDTSHOORN NUUS - Die karatekas van Jikkai-do karateklub wat onlangs medaljes by die SA Top-10-toernooi in Bloemfontein ingepalm het, is voor, van links: Sarah-Jane Lewis (silwer), Geo Bruintjies en Sue - Alice Gysman (silwer).
Agter: Lleythan Smith (goud), Jemorin Olivier (brons) en Daetania de Laan (brons).
Die klub berei tans voor vir die Arnold African Classic uitnodigings gevegkunstoernooi wat vanaf 17 tot 19 Mei in Johannesburg plaasvind.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'