OUDTSHOORN NUUS - Die 2026 Fietsry Suid-Afrika (CSA) Jeug Nasionale-padfietsrykampioenskap vind van 24 tot 27 September in Oudtshoorn plaas.
Die jaarlikse kampioenskap bied aan jong fietsryers die geleentheid om in verskeie jeugkategorieë mee te ding.
Die program sluit kriteriumwedrenne, individuele tydtoetse en padwedrenne in.
Die kampioenskap word oor drie dae aangebied, met die kriteriumwedrenne wat Vrydag 25 September plaasvind, gevolg deur die individuele tydtoetse op Saterdag 26 September en die padwedrenne op Sondag 27 September.
Die kriteriumwedrenne sal by die Auriel College Bridgton-baan aangebied word, terwyl die individuele tydtoetse en padwedrenne vanaf Highgate-volstruisplaas naby Volmoed sal plaasvind.
Die kampioenskappe sal na verwagting van die land se beste jong fietsryers na Oudtshoorn lok, waar hulle om nasionale eerbewyse in hul onderskeie ouderdomskategorie sal meeding.
Corné Bence van Eden-fietsry is opge-wonde oor die naweek se kampioenskappe.
"Hierdie is die vyfde jeug-padfietsrykam-pioenskap wat ons aanbied, en ons verwag so 300 ryers wat sake gaan uitspook. Dit is ook die eerste jaar dat daar 'n afdeling vir gestremde kinders van o. 9 tot o. 17 gaan wees. Die blinde tandems gaan ook weer deelneem."
Bence noem dat die visepresident, Charles Cross, die hoof van ontwikkeling en transformasie, Nico Dunn, en die hoof van alle tegniese aspekte, die moeder van fietsry, Della Pohl, almal teenwoordig gaan wees. "Ons vra motoriste om asseblief geduldig te wees."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’