Gallery
TUINROETE NUUS - Die interskole tussen Hoërskool Punt en Langenhoven Gimnasium het vandag, Saterdag 15 Augustus, tot ’n einde gekom.
En wat ’n opwindende paar dae van sport was dit nie in Mosselbaai nie!
Dié jaarlikse samekoms het op Woensdag 12 Augustus met gholf en padel afgeskop. Punt het beide hierdie twee sporte gewen.
Skaak, debat, muurbal en sommige hokkiewedstryde is Vrydag gespeel waarna die hokkie weer Saterdag saam met die netbal en rugby voortgegaan het.
By die eerste spanne het Punt se meisies en seuns hulle hokkiewedstryde met 2 – 1 gewen, Gimmies se eerstes het by die netbal ’n oorwinning behaal, 29 – 25, en by die rugby het Punt met 25 – 24 koning gekraai.
Die res van die resultate sal bekendgemaak word sodra alles beskikbaar is.
UITSLAE-OPVOLG:
Padel
Beide spanne wen 6–1, 6–1
Gholf
Punt wen en behaal 25 punte
Rugby
O.14:
?? O.14A | Punt verloor 18–29
?? O.14B | Punt verloor 14–21
?? O.14C | Punt verloor 10–18
O.15:
?? O.15A | Punt wen 26–8
?? O.15B | Punt wen 22–8
?? O.15C | Punt wen 24–6
O.16:
?? O.16A | Punt wen 20–9
?? O.16B | Punt wen 16–8
?? O.16C | Punt wen 16–8
O.17:
?? O.17A vs. Gim se O.18-span | Punt verloor 18–30
O.18:
?? O.18A | Punt verloor 25–28
?? O.18B | Punt verloor 13–18
?? O.18C | Punt verloor 13–28
?? O.18D | Punt wen 18–8
14 Augustus 2026
Seuns:
?? O.19A | Punt wen 2–0
?? O.14A | Gelykop 0–0
Dogters:
?? O.19A | Punt wen 2–0
?? O.16A | Gelykop 2–2
?? O.14A | Punt verloor 2–6
15 Augustus 2026
Seuns:
?? O.19B | Punt wen 5–2
?? O.16A | Gelykop 2–2
?? O.16B | Punt wen 7–1
Dogters:
?? O.19B | Punt verloor 1–4
?? O.16B | Punt wen 2–0
?? O.14B | Punt verloor 0–2
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’